Meer Inligting
Voordele
- 100% Ryp en koue bestand
- Immergroen
- Hoë protiën inhoud
- Permanente meerjarige polgras
- Blousuur vergiftiging vry
- 60 Skape per hektaar onder optimale kondisies
- Geskik vir beeste, skape, perde en bokke.
Lees gerus meer oor Russiese Gras in die Grootfontein Verslag:
Grootfontein Verslag
Hoeveel het ek nodig vir ‘n hektaar?
5000 polle
Hoe ver plant ek die plantjies van mekaar af?
Ons beveel aan dat die plantjies tussen 300 - 350mm van mekaar af geplant moet word.
Hoeveel water kort die nuut geplante plantjies?
Nuut geplante plantjies moet elke tweede dag natgemaak word sodat die wortels klam bly. Gevestigde plante kan een maal per week nat gemaak word. (Waterbehoefte kan met luseren vergelyk word)
Is daar is spesifieke grond tipe benodig?
Nee, russiese gras aard in enige grond tipes.
Waneer is die beste tyd om te plant?
Jy kan reg deur die jaar plant, want die gras groei regdeur die jaar.
Moet dit besproei of natgelei word?
Ja, gevestigde plante moet een maal per week nat gemaak word. Voldoende besproeing sal optimale groei bevorder.
Moet ek kunsmis toedien?
Ons beveel aan dat kunsmis twee keer per jaar toegedien word, een maal in die lente en een maal in die herfs. (150kg per hektaar)
Analitiese Toetse:
Hier is die analitiese toets-resultate, wat uitgevoer word deur NviroTek Laboratoriums. NviroTek Laboratoriums is ‘n onafhanklike wêreldklas laboratorium vir landbou in Suider-Afrika.
Analyses |
Sample Identification | |
| Perchloric Acid: Nitric Acid | ||
| Dry Mass Used (g) | 0.25 | |
| Volume Used (ml) | 50 | |
| Units | mg/l | mg/kg |
| Calcium as Ca | 25 | 5 800 |
| Magnesium as Mg | 25 | 5 400 |
| Sodium as Na | 2.39 | 478 |
| Potassium as K | 168.5 | 33 700 |
| Phosphorus as P | 12 | 4 200 |
| Kjeldahl Nitrogen (mg/g) | 36.5 | |
| Protien (%) | 22.81 | |